Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 4:7-18 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

7. Wysheid is die belangrikste ding; kry daarom wysheid en met jou hele wese, insig.

8. As jy dit liefhet, sal dit jou verhoog; gryp dit vas en dit sal jou eer.

9. Sy sal ’n ornament van liefdevolle goedheid op jou kop sit; ’n kroon van eer sal sy op jou plaas.

10. Luister, hoor en doen, my seun en ontvang my gesegdes en die jare van jou lewe sal baie wees.

11. Ek het aan jou die lewenswyses van wysheid geleer; ek het jou op die regte paaie gelei;

12. wanneer jy loop, sal jou treë nie onstabiel wees nie; as jy hardloop, sal jy nie struikel nie.Ps 119:109

13. Hou styf vas aan my instruksies en moet dit nie los nie; hou dit, want dit is jou lewe.

14. Moenie loop op die pad van die bose mense nie en moenie jaloers wees op die lewenswyse van die bose nie.

15. Waar hulle bly, moenie daar verbygaan nie, draai daarvan af weg,

16. want hulle kan nie slaap as hulle nie kwaad gedoen het nie en hulle slaap word weggehou totdat hulle bose begeertes uitgevoer is,

17. want hulle eet die brood van boosheid en drink die wyn van gewelddadigheid,

18. maar die pad van die regverdiges is soos die helder lig wat al helderder word tot die volle dag toe.

Lees volledige hoofstuk Spreuke 4