Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 30:1-8 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Hierdie is die woorde van Agur, die seun van Yakeh, wat geprofeteer en krag ontvang het. Hy het vir Iti’el en vir Ukhal gesê:

2. “Sekerlik, ek is swak van verstand en het nie die insig van mense nie.

3. Ek ken nie wysheid nie en het ook nie die kennis van die afgesonderde manne geleer nie.

4. Vertel my: Wie het opgegaan na die hemel en afgekom? Wie het die wind in Sy vuiste versamel? Wie het die waters in ’n doek vasgebind? Wie het al die grense van die aarde vasgestel? Wat is Sy Naam (Karakter en Outoriteit) en wat is die Naam (Karakter en Outoriteit) van Sy Seun, as jy weet?

5. Elke woord van God is rein; Hy is ’n Skild vir hulle wat hulle vertroue in Hom plaas.Deut 4:2; Deut 12:32; Mat 5:17-19; Open 22:18,19

6. Voeg niks by Sy woorde by nie sodat Hy jou nie teregwys en jy as ’n leuenaar gevind word nie.

7. Twee dinge het ek van U gevra; weier my dit nie voordat ek sterf nie:1 Tim 6:8

8. verwyder sinnelose boosheid en leuens ver van my af; gee vir my nie armoede of rykdom nie, gee vir my voldoende lewe

Lees volledige hoofstuk Spreuke 30