Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 23:5-16 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

5. want as jy jou oë op hom sou vestig, kan jy hom nie sien nie, want hy maak vir homself vlerke soos die arend en vlieg weg in die lug!

6. Moenie saam met iemand eet wat ’n bose oog het (suinig is), of sy kos begeer nie,

7. want hy is soos een wat pik insluk, net so sal jy saam met hom eet en drink, maar sy verstand, wil en emosie is nie by jou nie.

8. Die stukkie wat jy geëet het, sal jy uitspoeg en jy sal jou soet woorde verloor.

9. Moenie in die teenwoordigheid van ’n dwaas praat nie, want hy sal die wysheid van jou woorde verag.

10. Moenie die ou grenslyne verwyder nie, of in die landerye van die vaderlose ingaan nie,

11. want hulle Verlosser is magtig, Hy sal hulle saak teen jou verdedig.

12. Draai jou verstand, wil en emosie na dissipline en jou oor na woorde van kennis.

13. Moenie tugtiging terughou van die seun nie, want as jy hom slaan, sal hy nie sterf nie,

14. want as jy hom met die lat slaan, sal jy sy lewe uit Sh’ol red.

15. My seun, as jou verstand, wil en emosie wys is, sal my verstand, wil en emosie verheug wees.

16. Ja, my verstand, wil en emosie sal verheug wees as jy dinge wat reg is, praat.

Lees volledige hoofstuk Spreuke 23