Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 23:4-9 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

4. Moenie argumenteer met ’n ryk man nie, maar bly wyslik van hom af weg,

5. want as jy jou oë op hom sou vestig, kan jy hom nie sien nie, want hy maak vir homself vlerke soos die arend en vlieg weg in die lug!

6. Moenie saam met iemand eet wat ’n bose oog het (suinig is), of sy kos begeer nie,

7. want hy is soos een wat pik insluk, net so sal jy saam met hom eet en drink, maar sy verstand, wil en emosie is nie by jou nie.

8. Die stukkie wat jy geëet het, sal jy uitspoeg en jy sal jou soet woorde verloor.

9. Moenie in die teenwoordigheid van ’n dwaas praat nie, want hy sal die wysheid van jou woorde verag.

Lees volledige hoofstuk Spreuke 23