Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 23:1-11 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Wanneer jy sit om saam met ’n heerser te eet, let noukeurig op wat voor jou opgedien word

2. dat jy nie gif in jou mond sou sit nie. As jy ’n man met ’n uitermatige eetlus is,

3. moenie sy kos begeer nie, want sy brood is brood van bedrog.1 Tim 6:9

4. Moenie argumenteer met ’n ryk man nie, maar bly wyslik van hom af weg,

5. want as jy jou oë op hom sou vestig, kan jy hom nie sien nie, want hy maak vir homself vlerke soos die arend en vlieg weg in die lug!

6. Moenie saam met iemand eet wat ’n bose oog het (suinig is), of sy kos begeer nie,

7. want hy is soos een wat pik insluk, net so sal jy saam met hom eet en drink, maar sy verstand, wil en emosie is nie by jou nie.

8. Die stukkie wat jy geëet het, sal jy uitspoeg en jy sal jou soet woorde verloor.

9. Moenie in die teenwoordigheid van ’n dwaas praat nie, want hy sal die wysheid van jou woorde verag.

10. Moenie die ou grenslyne verwyder nie, of in die landerye van die vaderlose ingaan nie,

11. want hulle Verlosser is magtig, Hy sal hulle saak teen jou verdedig.

Lees volledige hoofstuk Spreuke 23