Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 22:9-20 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

9. Hy wat ’n goeie oog het (vrygewig is) sal geseënd wees, want hy gee van sy kos vir die armes.

10. Vernietig boosheid, gooi twis uit, raak ontslae van stryd en spot, anders sit hulle in die vergadering en spot almal teenwoordig.

11. יהוה het hom lief wat rein van verstand, wil en emosie is en bewys goedheid aan sy lippe en die koning is sy vriend.

12. Die oë van יהוה bewaar kennis en vernietig die woorde van bedrog.

13. Wanneer hy gestuur word, sê die luiaard: “Daar is ’n leeu op die pad en let op, daar is moord in die strate!”

14. Die mond van ’n vreemde vrou is ’n diep put; hy vir wie יהוה kwaad is, sal daarin val.

15. Dwaasheid beweeg die verstand, wil en emosie van ’n kind, maar die lat van tug sal dit ver van hom af wegdryf.

16. Hy wat die arme onderdruk, voeg by sy boosheid en hy wat aan die rykes gee, sal verlies ly.

17. Draai jou oor en luister na die woorde van die wyse en neem my kennis op in jou verstand,

18. want beide is aangenaam, hou dit binne-in jou; laat hulle saam gereed gemaak word op jou lippe

19. sodat jou vertroue in יהוה mag wees, het ek hierdie dinge vandag aan jou bekend gemaak. Ja, aan jou.

20. Let op, dit is die derde keer dat ek die spreuke vir jou skryf

Lees volledige hoofstuk Spreuke 22