Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 22:18-29 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

18. want beide is aangenaam, hou dit binne-in jou; laat hulle saam gereed gemaak word op jou lippe

19. sodat jou vertroue in יהוה mag wees, het ek hierdie dinge vandag aan jou bekend gemaak. Ja, aan jou.

20. Let op, dit is die derde keer dat ek die spreuke vir jou skryf

21. sodat ek aan jou raadgewing en kennis, vrede en die woorde van waarheid kan leer sodat jy woorde van waarheid kan antwoord aan hom wat na jou toe stuur.

22. Moenie die arme onderdruk omdat hy arm is nie en onderdruk nie die behoeftige in die poort nie,

23. want יהוה sal hulle saak verdedig en die onreg vergeld wat aan hulle gedoen is.

24. Moenie vriende maak met ’n toornagtige man en met ’n man wat gou kwaad word, moet jy nie saamgaan nie

25. sodat jy nie sy lewenswyse kan leer en ’n struikelblok vir jou lewe vind nie.

26. Moenie borg staan vir ’n skuld net omdat jy te skaam is om die wat jou vra af te wys nie,

27. want as jy niks het om te betaal nie, sal hulle jou bed onder jou uitvat.

28. Moenie die ou grenslyne wat jou vaders gemaak het, verwyder nie.

29. Wanneer jy sien dat ’n man vaardig is in sy werk, sal hy voor konings staan, hy sal nie voor onbenulliges staan nie.

Lees volledige hoofstuk Spreuke 22