Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 20:17-30 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

17. Hy wat borg staan vir ’n man deur onregverdige wins, sal agterna sy mond vol gruisklippies kry.

18. ’n Goeie plan word gevestig deur beraadslaging, maar deur uittarting word oorlog gemaak.

19. Hy wat ’n geheim openbaar, veroorsaak stories; moet daarom nie meng met hom wat gou met sy lippe is nie.

20. Wie sy vader of sy moeder vloek, sy lamp sal geblus word.

21. ’n Erfenis wat aan die begin haastig verkry is, sal nie teen die einde geseënd wees nie.

22. Moenie sê: “Ek sal boosheid terugbetaal,” nie, maar wag op יהוה dat Hy jou kan help.

23. Wisselende gewigte is verwerplik in die Teenwoordigheid van יהוה en vals weegskale is nie goed nie.

24. ’n Man se voetstappe word deur יהוה gerig; wie is die man dan, wat sy eie lewenswyse kan rig?

25. Dit is ’n strik vir die man wat belowe het om iets vir ’n afgesonderde plek te gee en dan agterna spyt is.

26. ’n Wyse koning verstrooi die bose en vermorsel hulle onder die wiel.

27. Die gees van die mens is ’n lamp van יהוה, wat die dieptes van die innerlike deursoek.

28. Liefdevolle goedheid en waarheid beskerm ’n koning en sy troon word gevestig deur goedheid.

29. Die versiering van die jongmanne is hulle krag en die prag van ou manne is hulle grys hare.

30. Ellende en foltering val op bose manne en houe slaan die binnekant van hulle liggame.

Lees volledige hoofstuk Spreuke 20