Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 17:18-28 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

18. ’n Dwase mens bied homself aan as borg, want hy word versekering vir sy naaste.

19. Hy wat oortreding liefhet, het bedrog en twis lief en hy wat homself verhoog, soek vernietiging.

20. Hy wat in sy verstand, wil en emosie sleg praat, sal nie die goeie vind nie; hy wat ’n bose tong het, verval in boosheid.

21. Hy wat ’n dwaas verwek, doen dit tot sy eie skande; sy vader sal geen vreugde in hom hê nie.

22. ’n Vrolike binneste maak die liggaam gesond, maar ’n gebroke gees droog die gebeente uit.

23. Hy wat omkoopgeld aanvaar is boos, want hy verdraai hoe die regverdige oordeel werk.

24. Die gesig van die man van insig, is na wysheid, maar die oë van die dwaas na die dieptes van die aarde gedraai.

25. ’n Dwase seun tart sy vader en is bitterheid vir haar wat geboorte aan hom gegee het.

26. Om die regverdige te straf of om die regverdige man, wat die waarheid praat, te slaan, is nie goed nie.

27. Hy wat sy woorde spaar, besit kennis en hy wat geduldig is, is ’n wyse man.

28. Selfs ’n dwaas, wanneer hy stilbly, word as wys beskou en hy wat sy lippe toehou, as ’n man van insig.

Lees volledige hoofstuk Spreuke 17