Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 10:7-20 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

7. Die nagedagtenis van die regverdige is ’n seën, maar die erfgenaam van die bose sterf uit.

8. Hy wat wys van verstand, wil en emosie is, aanvaar opdragte, maar hy op wie se lippe dwaasheid is, sal uitgevang word.

9. Hy wat in opregtheid lewe, lewe veilig, maar hy wat pervers lewe sal bekend wees.Ps 35:19; Spr 16:30 veroorsaak pyn, maar hy wat openlik teregwys, maak vrede.

10. Hy wat misleidend met sy oog knip,Spr 5:16 maar die mond van die bose is bedek met geweld.

11. Die mond van ’n regverdige man is ’n fontein van lewe,

12. Haat veroorsaak twiste, skande sal al die bose oordek.

13. Hy wat wysheid voortbring uit sy lippe, sal hom wat insig kortkom met ’n lat slaan.

14. Die wyse verberg sy kennis, maar ’n haastige mond is naby vernietiging.

15. Die rykdom van die ryk manne is hul sterk stede; die vernietiging van die behoeftiges is hulle armoede.

16. Die werk van die regverdige is tot Lewe; die opbrengs van die bose is tot sonde.

17. Die ware lewenswyse aanvaar tugtiging, maar hy wat teregwysing haat is ’n dwaas.

18. Die lippe van die bose is vol misleiding en hy wat ’n vloek uitspreek, is ’n dwaas.

19. Die bose kan nie bevry word deur ’n oorvloed van woorde nie, maar hy wat sy lippe inhou, is wys.

20. Die tong van die regverdige is soos uitgesoekte silwer; die verstand, wil en emosie van die bose is vol bitterheid.

Lees volledige hoofstuk Spreuke 10