Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 10:19-28 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

19. Die bose kan nie bevry word deur ’n oorvloed van woorde nie, maar hy wat sy lippe inhou, is wys.

20. Die tong van die regverdige is soos uitgesoekte silwer; die verstand, wil en emosie van die bose is vol bitterheid.

21. Die lippe van die regverdige is vol onverdiende guns, maar die dwase sterf deur die gebrek aan wysheid.

22. Die seën van יהוה bring rykdom en daar sal geen smart in wees nie.

23. Dit is ’n grap vir die dwaas om ’n slegte plan uit te voer, maar ’n man van insig het wysheid.

24. Die vrees, wat die bose dryf, sal oor hom kom, maar die begeerte van die regverdiges sal vervul word.

25. Soos die warrelwind skielik verbygaan, so sal bose mense vergaan en nie meer wees nie, maar die regverdige is ’n ewigdurende fondasie.

26. Soos groen druiwe skadelik is vir die tande en soos rook vir die oë, so maak boosheid hom, wat daaraan oorgegee is, seer.Spr 9:11

27. Respekvolle vrees vir יהוה verleng die lewe, maar die jare van die bose sal verkort word.

28. Die versekerde verwagting van die regverdiges sal vreugde wees, maar die verwagting van die bose sal vergaan.

Lees volledige hoofstuk Spreuke 10