Ou Testament

Nuwe Testament

Rut 3:2-7 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

2. Let op, Bo’az, by wie se diensmeisies jy was, is ons familie. Let op, hy wan vannag gars uit op die dorsvloer.

3. Was jou daarom, salf jou, trek jou beste klere aan en gaan af na die dorsvloer toe; moet jouself nie aan hom wys totdat hy klaar geëet en gedrink het nie.

4. Laat dit wees wanneer hy gaan dat jy oplet waar hy gaan lê en nader gaan en naby sy voete gaan lê en hy sal vir jou vertel wat jy moet doen.”

5. Sy antwoord haar: “Alles wat u sê, sal ek doen.”

6. Sy het afgegaan na die dorsvloer en gedoen volgens alles wat haar skoonmoeder haar beveel het.

7. Nadat Bo’az geëet en gedrink het en sy binneste vrolik was, het hy gaan lê langs die dorsvloer. Terwyl hy in diep slaap was by die dorsvloer, het sy stilletjies gekom en die onderpunt van sy bo-kleed opgelig en naby sy voete gaan lê.

Lees volledige hoofstuk Rut 3