Ou Testament

Nuwe Testament

Rut 1:9-22 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

9. יהוה gee vir julle guns sodat julle rus mag vind in die huis van julle ouers.” Toe het sy hulle gesoen en hulle het hul stemme opgelig en gehuil

10. en vir haar gesê: “Nee, ons sal saam met u teruggaan na u land en u volk.”

11. Na’omi sê egter vir hulle: “Draai om, my dogters! Waarom sou julle saam met my gaan? Sal ek geboorte gee aan nog seuns dat hulle julle mans kan word?

12. Draai om, my dogters, gaan julle eie pad, want ek is te oud om ’n man te hê. As ek sou sê: ‘Ek het hoop’ en selfs as ek ’n man sou hê en ook geboorte gee aan seuns,

13. sou julle vir hulle wag totdat hulle groot geword het? Sou julle nie vir julle mans vat nie? Nee, my dogters, want ek is baie hartseer ter wille van julle en dit maak my hartseerder as vir julle, want die hand van יהוה het teen my uitgegaan.”

14. Hulle het weer hulle stemme opgelig en gehuil en `Orpah het haar skoonmoeder gesoen, omgedraai en weggegaan, maar Rut het aan haar vasgeklou.

15. Haar skoonmoeder sê vir haar: “Let op, jou skoonsuster het omgedraai na haar volk en na haar familie toe; gaan terug agter jou skoonsuster aan!”

16. Rut sê vir haar: “Dit is ver van my om weg te draai daarvan om u te volg en u te los, want waar u gaan, sal ek gaan en waar u bly, sal ek bly; u volk sal my volk wees en u God my God.

17. Waar u sterf, sal ek sterf en daar begrawe word! Mag יהוה so aan my doen en ook meer, as selfs die dood my van u kan skei.”

18. Toe Na’omi sien dat sy vasbeslote was om saam met haar te gaan, het sy opgehou om haar te pols om terug te gaan.

19. Hulle het saam gegaan totdat hulle by Beit-Legem in Y’hudah gekom het. Toe hulle in Beit-Legem kom, het dit gebeur dat die hele stad oor hulle verheugd was en hulle het gesê: “Is dit Na’omi?”

20. Sy het vir hulle gesê: “Noem my nie Na’omi nie, maar noem my Mara, want die Almagtige het bitterlik met my gewerk.

21. Vol het ek van hier af weggetrek en יהוה het my leeg teruggebring; hoekom my Na’omi noem, aangesien יהוה my verneder het en my deeglik geteister het?”

22. Na’omi het só teruggekeer en Rut, die Mo’aviet, haar skoondogter, wat heelhartig bereid was om saam met haar terug te gaan, saam met haar. Hulle het vanaf die land van Mo’av in Beit-Legem aangekom aan die begin van die gars oes.

Lees volledige hoofstuk Rut 1