Ou Testament

Nuwe Testament

Rigters 9:7-19 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

7. Toe hulle dit vir Yotam vertel, het hy gegaan en op die top van berg G’rizim gaan staan en sy stem opgelig en uitgeroep en so het hy vir hulle gesê: “Luister na my, manne van Sh’khem sodat God na julle kan luister.

8. Eendag het die bome gegaan om ’n koning oor hulle te salf en vir die olyfboom gesê: ‘Heers oor ons!’

9. Die olyfboom het egter vir hulle gesê: ‘Sou ek my vettigheid opgee waarmee hulle gode en mense vereer en oor die bome gaan swewe?’

10. Toe sê die bome vir die vyeboom: ‘Kom jy, heers oor ons!’

11. Die vyeboom het egter vir hulle gesê: ‘Sou ek my soetigheid en my goeie vrugte opgee en oor die bome gaan swewe?’

12. Toe sê die bome vir die wingerdstok: ‘Kom jy, heers oor ons!’

13. Die wingerdstok het egter vir hulle gesê: ‘Sou ek my nuwe wyn opgee waarin God en die mense hulle verheug en oor die bome gaan swewe?’

14. Ten einde sê al die bome vir die doringboom: ‘Kom jy, heers oor ons!’

15. Die doringboom het vir die bome gesê: ‘As julle my in waarheid as koning oor julle salf, kom dan, neem skuiling in my skaduwee, maar so nie, mag daar vuur uitgaan uit die doringboom en die seders van L’vanon verteer;

16. daarom dan, as julle in waarheid en integriteit gehandel het deur Avimelekh koning te maak en as julle goed gedoen het aan Yeruba’al en sy huis en aan hom gedoen het volgens sy verdienste,

17. want my vader het vir julle geveg en sy lewe gewaag en julle bevry uit die hand van Midyan,

18. maar julle het vandag opgestaan teen die huis van my vader en sy seuns; sewentig man op een klip vermoor en Avimelekh, die seun van sy slavin, koning gemaak oor die manne van Sh’khem omdat hy julle familie is;

19. as julle dan vandag in waarheid en integriteit gehandel het met Yeruba’al en sy huis, verheug julle in Avimelekh en laat hy hom ook verheug oor julle,

Lees volledige hoofstuk Rigters 9