Ou Testament

Nuwe Testament

Rigters 9:50-57 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

50. Toe het Avimelekh na Tevetz gegaan en teen Tevetz gekamp en dit ingeneem,

51. maar in die middel van die stad was daar ’n sterk toring en al die manne en vroue en al die leiers van die stad het daarheen gevlug en hulleself toegesluit en bo-op die dak van die toring geklim.

52. Avimelekh het na die toring toe gekom en daarteen geveg en die ingang van die toring genader om dit met vuur te verbrand,

53. maar ’n sekere vrou het die boonste meulsteen op die kop van Avimelekh gegooi en sy skedel verbrysel.

54. Toe roep hy gou na die jongman, sy wapendraer en sê vir hom: “Trek jou swaard en maak my dood sodat dit nie van my gesê sal word: ‘’n Vrou het hom doodgemaak nie’.” Die jongman het hom deurboor en hy is dood.

55. Toe die manne van Yisra’el sien dat Avimelekh dood is, het hulle elkeen na sy blyplek vertrek.

56. So het God dan die boosheid van Avimelekh vergeld wat hy sy vader aangedoen het deur sy sewentig broers te vermoor.

57. God het ook al die boosheid van die manne van Sh’khem op hulle eie kop laat neerkom en die vloek van Yotam, die seun van Yeruba’al, het oor hulle gekom.

Lees volledige hoofstuk Rigters 9