Ou Testament

Nuwe Testament

Rigters 3:5-25 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

5. Die seuns van Yisra’el het tussen die Kena’aniete, Hittiete, Emoriete, P’riziete, Hiviete en Y’vusiete gebly;

6. hulle dogters as hulle vroue gevat en hulle eie dogters aan húl seuns gegee en hul gode gedien.

7. Die seuns van Yisra’el het gedoen wat boos was in die oë van יהוה en יהוה, hulle God, vergeet en die Ba’als en die `Asherot gedien.

8. Toe het die woede van יהוה teen Yisra’el ontvlam sodat Hy hulle verkoop het in die hand van Kushan-Rish’atayim, koning van Aram-Naharayim (Mesopotamië) en die seuns van Yisra’el het Kushan-Rish’atayim agt jaar lank gedien.Rig 1:11-13

9. Toe die seuns van Yisra’el na יהוה uitgeroep het, het יהוה ’n bevryder vir die seuns van Yisra’el opgewek, wat hulle bevry het: `Otni’el, die seun van K’naz, die jonger broer van Kalev.

10. Die Gees van יהוה het op hom gekom en hy het Yisra’el gerig. Wanneer hy uitgegaan het om oorlog te maak, het יהוה Kushan-Rish’atayim, die koning van Aram-Naharayim, in sy hand gegee sodat hy geseëvier het oor Kushan-Rish’atayim.

11. Toe het die land rus gehad vir veertig jaar lank en `Otni’el, die seun van K’naz, het gesterf.

12. Nou het die seuns van Yisra’el weer boos gedoen in die oë van יהוה. יהוה het `Eglon, die koning van Mo’av, versterk teen Yisra’el omdat hulle boosheid gedoen het in die oë van יהוה.

13. Hy het by homself die seuns van `Ammon en `Amalek bymekaar gemaak en hy het gegaan en Yisra’el verslaan en hulle het die Palmstad in besit geneem.

14. Die seuns van Yisra’el het `Eglon, koning van Mo’av, agttien jaar lank gedien,

15. maar toe die seuns van Yisra’el uitroep na יהוה, het יהוה vir hulle ’n bevryder opgewek: Ehud, die seun van Gera, die Binyaminiet, ’n linkshandige man en die seuns van Yisra’el het deur hom ’n bydrae aan `Eglon, koning van Mo’av gestuur.

16. Ehud het vir homself ’n swaard gemaak, aan twee kante skerp, een el lank en dit onder sy klere aan sy regterheup vasgebind.

17. Hy het die bydrae vir `Eglon, die koning van Mo’av, aangebied. (Eglon was ’n baie vet man.)

18. Dit het gebeur dat, toe hy klaar die bydrae afgelewer het, hy die mense wat die bydrae gedra het, weggestuur het,

19. maar hyself het omgedraai by die afgode wat by Gilgal was en gesê: “Ek het ’n geheime boodskap vir u, o koning!” Die koning sê toe: “Bly stil!” Almal wat hom bedien, het van hom af weggegaan.

20. Ehud het na hom toe gekom terwyl hy alleen in sy koel dakkamer sit en Ehud sê: “Ek het ’n boodskap vanaf God vir u!” Hy het van sy stoel af opgestaan.

21. Ehud het sy linkerhand uitgesteek, die swaard van sy regterheup af gevat en dit in sy maag ingedruk.

22. Die hef het ook agter die lem ingegaan en die vet het om die lem toegemaak, want hy het nie die swaard uit sy maag uitgetrek nie en die vullis het uitgekom.

23. Toe gaan Ehud uit op die gallery en maak die deure van die dakkamer agter hom toe en sluit hulle.

24. Nadat hy uitgegaan het, kom sy diensknegte en kyk en let op, die deure van die dakkamer was gesluit en hulle het gesê: “Hy verlig homself seker in die koel kamer.”

25. Hulle het gewag totdat hulle angstig geword het, maar let op, hy het nie die deure van die dakkamer oopgemaak nie! Hulle het daarom die sleutel gevat en oopgemaak en let op, hulle meester was dood, neergeval op die grond!

Lees volledige hoofstuk Rigters 3