Ou Testament

Nuwe Testament

Rigters 3:29-31 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

29. Hulle het in daardie tyd omtrent tien duisend Mo’aviete verslaan, almal geharde en dapper manne en nie een het ontsnap nie.

30. Mo’av is op daardie dag onderwerp onder die hand van Yisra’el en die land was vir tagtig jaar lank onversteurd.

31. Ná hom het Shamgar, die seun van `Anat, gekom wat ses honderd F’lishtyne met ’n osprik verslaan het en ook hy het Yisra’el gered.

Lees volledige hoofstuk Rigters 3