Ou Testament

Nuwe Testament

Rigters 3:19-30 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

19. maar hyself het omgedraai by die afgode wat by Gilgal was en gesê: “Ek het ’n geheime boodskap vir u, o koning!” Die koning sê toe: “Bly stil!” Almal wat hom bedien, het van hom af weggegaan.

20. Ehud het na hom toe gekom terwyl hy alleen in sy koel dakkamer sit en Ehud sê: “Ek het ’n boodskap vanaf God vir u!” Hy het van sy stoel af opgestaan.

21. Ehud het sy linkerhand uitgesteek, die swaard van sy regterheup af gevat en dit in sy maag ingedruk.

22. Die hef het ook agter die lem ingegaan en die vet het om die lem toegemaak, want hy het nie die swaard uit sy maag uitgetrek nie en die vullis het uitgekom.

23. Toe gaan Ehud uit op die gallery en maak die deure van die dakkamer agter hom toe en sluit hulle.

24. Nadat hy uitgegaan het, kom sy diensknegte en kyk en let op, die deure van die dakkamer was gesluit en hulle het gesê: “Hy verlig homself seker in die koel kamer.”

25. Hulle het gewag totdat hulle angstig geword het, maar let op, hy het nie die deure van die dakkamer oopgemaak nie! Hulle het daarom die sleutel gevat en oopgemaak en let op, hulle meester was dood, neergeval op die grond!

26. Nou, Ehud het ontvlug terwyl hulle talm en by die afgode verbygegaan en na Se’irah ontsnap.

27. Dit het gebeur nadat hy arriveer het dat hy die ramshoring in die Bergland van Efrayim geblaas het en die seuns van Yisra’el het saam met hom van die Bergland afgetrek en hy voor hulle.

28. Hy het vir hulle gesê: “Volg my, want יהוה het julle vyande, die Mo’aviete, in julle hand gegee.” Hulle het afgegaan agter hom aan en die driwwe van die Yarden oorkant Mo’av gevat en niemand toegelaat om oor te gaan nie.

29. Hulle het in daardie tyd omtrent tien duisend Mo’aviete verslaan, almal geharde en dapper manne en nie een het ontsnap nie.

30. Mo’av is op daardie dag onderwerp onder die hand van Yisra’el en die land was vir tagtig jaar lank onversteurd.

Lees volledige hoofstuk Rigters 3