Ou Testament

Nuwe Testament

Rigters 21:8-16 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

8. Hulle sê: “Watter een van die stamme van Yisra’el het nie opgegaan na יהוה in Mitzpah nie?” Let op, niemand het uit Yavesh-Gil’ad na die kamp, die vergadering, gekom nie,

9. want toe die volk getel is, let op, daar was niemand van die inwoners van YaveshGil’ad nie.

10. Die vergadering stuur twaalf duisend van die dapper manne daarheen en beveel hulle en sê: “Gaan en slaan die inwoners van Yavesh-Gil’ad met die skerpte van die swaard, saam met die vroue en die kinders.

11. Dit is die ding wat julle moet doen: alles wat manlik is en al die vroue wat gemeenskap met ’n man gehad het, moet julle volkome vernietig.”

12. Hulle het tussen die inwoners van Yavesh-Gil’ad vier honderd jong meisies gevind wat geen gemeenskap met ’n man gehad het nie en dié het hulle na die kamp gebring by Shiloh wat in die land Kena’an is.

13. Toe stuur die hele vergadering en hulle praat met die seuns van Binyamin wat by die rots van Rimmon was en verklaar vrede met hulle.

14. Binyamin het in dié tyd teruggekom en hulle het die vroue wat hulle uit die vroue van Yavesh-Gil’ad lewend behou het, vir hulle gegee; tog was daar nie genoeg vir hulle nie.

15. Die volk was jammer vir Binyamin omdat יהוה ’n skeuring gemaak het onder die stamme van Yisra’el.

16. Toe sê die oudstes van die vergadering: “Wat sal ons doen aangaande vroue vir die wat oorgebly het, aangesien die vroue uit Binyamin vernietig is?

Lees volledige hoofstuk Rigters 21