Ou Testament

Nuwe Testament

Rigters 20:1-9 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Toe het al die seuns van Yisra’el vanaf Dan tot Be’er-Sh’va, insluitende die land van Gil’ad, uitgekom en die vergadering het soos een man in Mitzpah vergader by יהוה.

2. Die leiers van die hele volk, van al die stamme van Yisra’el, het hulle plek ingeneem in die vergadering van die volk van God, vier honderd duisend voetsoldate wat die swaard uittrek.

3. Die seuns van Binyamin het gehoor dat die seuns van Yisra’el opgegaan het na Mitzpah. Die seuns van Yisra’el het gesê: “Vertel hoe hierdie boosheid gedoen is.”

4. Die Leviet, die man van die vermoorde vrou, antwoord en sê: “Ek en my byvrou het in Giv’ah, wat aan Binyamin behoort, gekom, om te oornag,

5. maar die manne van Giv’ah het teen my opgestaan en die huis omsingel in die nag as gevolg van my. Hulle het beplan om my dood te maak; in plaas daarvan, het hulle my byvrou onteer sodat sy gesterf het.

6. Ek het my byvrou gevat en haar in stukke opgesny en haar rondgestuur in die hele gebied van die erfenis van Yisra’el omdat hulle ’n gruwel en ’n skandelike daad in Yisra’el gepleeg het.

7. Let op, al julle seuns van Yisra’el, gee julle aanbeveling en raad!”

8. Toe staan die hele volk op soos een man en sê: “Geeneen van ons sal na sy tent toe gaan of enige een van ons sal teruggaan na sy huis toe nie,

9. maar dit is nou die ding wat ons aan Giv’ah sal doen: gaan op teen hom volgens die lot!

Lees volledige hoofstuk Rigters 20