Ou Testament

Nuwe Testament

Rigters 2:1-10 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Die engel van יהוה het van Gilgal af opgekom na Bokhim en gesê: “Ek het julle uit Mitzrayim uitgebring en julle in die land ingelei wat Ek julle vaders met ’n eed beloof het en gesê: ‘Ek sal nooit My verbond met julle verbreek nie,

2. maar wat julle betref, julle mag geen verbond met die inwoners van hierdie land sluit nie; julle moet hulle altare afbreek.’ Maar julle het My nie gehoorsaam nie; wat is hierdie wat julle gedoen het?Y’ho 23; Y’ho 24

3. Ek het daarom ook gesê: ‘Ek sal hulle nie voor julle uit verdryf nie, maar hulle sal soos dorings in julle sye wees en hulle gode vir julle ’n valstrik.”

4. Toe die engel van יהוה al hierdie woorde met die seuns van Yisra’el praat, het al die mense hulle stemme opgelig en gehuil.

5. Hulle het dié plek Bokhim genoem en daar aan יהוה geoffer.

6. Toe Y’hoshua die volk laat gaan het, het die seuns van Yisra’el elkeen na sy erfenis gegaan om die land in besit te neem.

7. Die volk het יהוה gedien al die dae van Y’hoshua en al die dae van die oudstes, wat Y’hoshua oorleef het, wat al die groot werke van יהוה gesien het wat Hy vir Yisra’el gedoen het.

8. Toe is Y’hoshua, die seun van Nun, die dienskneg van יהוה, dood op die ouderdom van honderd en tien jaar

9. en hulle het hom begrawe in die gebied van sy erfenis in Timnat-Serag, op die gebergte van Efrayim, noord van die berg Ga’ash.

10. Daardie hele geslag is ook by hulle vaders versamel en ’n ander geslag het ná hulle opgestaan wat יהוה en ook die werk wat Hy vir Yisra’el gedoen het, nie geken het nie.

Lees volledige hoofstuk Rigters 2