Ou Testament

Nuwe Testament

Rigters 19:24-30 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

24. Hier is my maagdelike dogter en sy byvrou. Laat ek hulle asseblief uitbring, onteer hulle en maak met hulle wat julle ook al wil, maar moenie so ’n daad van skande teen hierdie man doen nie,”

25. maar die manne wou nie na hom luister nie. Die man gryp toe sy byvrou en bring haar uit na hulle toe en hulle het haar verkrag en haar die hele nag deur misbruik tot die oggend toe en haar laat gaan met die aanbreek van die dag.

26. Met dagbreek het die vrou gekom en neergeval by die ingang van die man se huis waar haar meester was, tot daglig toe.

27. Toe haar meester die oggend opstaan en die deure van die huis oopmaak en uitgaan om verder te gaan, let op, het sy byvrou by die ingang van die huis gelê met haar hande op die drumpel.

28. Hy sê vir haar: “Staan op en laat ons gaan,” maar daar was geen antwoord nie. Toe sit hy haar op die donkie en die man het opgestaan en na sy huis toe gegaan.

29. Toe hy sy huis binnegaan, het hy ’n mes gevat en sy byvrou vasgehou en haar in twaalf stukke gesny; ledemaat vir ledemaat en haar deur die hele grondgebied van Yisra’el gestuur.

30. Almal wat dit gesien het, het gesê: “So iets het nog nooit gebeur nie en is nie gesien van die dag af dat die seuns van Yisra’el uit die land van Mitzrayim opgetrek het tot vandag toe nie. Oorweeg dit, beraadslaag en praat!”

Lees volledige hoofstuk Rigters 19