Ou Testament

Nuwe Testament

Rigters 16:23-30 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

23. Die meesters van die F’lishtyne het bymekaargekom om ’n groot offer te bring aan hulle god Dagon en om hulle te verbly, want hulle het gesê: “Ons god het ons vyand, Shimshon, in ons hand gegee.”

24. Toe die mense hom sien, het hulle hul god geprys, want hulle het gesê: “Ons god het ons vyand, die vernietiger van ons land, wat baie van ons doodgeslaan het, in ons hand gegee.”

25. Dit het so gebeur dat toe hulle gees opgelig was, hulle sê: “Laat Shimshon haal sodat hy ons kan vermaak.” Hulle het Shimshon uit die gevangenis laat haal en hy het hulle vermaak. Hulle het hom tussen die pilare laat staan.

26. Toe sê Shimshon vir die jongman wat sy hand vasgehou het: “Laat my die pilare voel waarop die huis rus dat ek teen hulle kan leun.”

27. Nou, die huis was vol manne en vroue en al die meesters van die F’lishtyne was daar en omtrent drie duisend manne en vroue was op die dak wat gekyk het hoe Shimshon hulle vermaak.

28. Toe roep Shimshon uit na יהוה en sê: “Meester, יהוה, onthou my asseblief en versterk my asseblief net hierdie keer, o God, sodat ek in ’n oomblik vir my twee oë gewreek mag word teen die F’lishtyne!”

29. Shimshon het sy arms om die twee middelste pilare waarop die huis gerus het, geslaan en homself teen hulle gedruk, die een met sy regter en die ander met sy linkerhand.

30. Shimshon het gesê: “Laat my sterf saam met die F’lishtyne!” Hy het met al sy krag gebuig sodat die huis ingeval het op die meesters en op al die mense wat daarin was. So was die dooies wat hy met sy sterwe gedood het, meer as die wat hy in sy lewe gedood het.

Lees volledige hoofstuk Rigters 16