Ou Testament

Nuwe Testament

Rigters 16:18-24 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

18. Toe D’lilah sien dat hy haar alles vertel het wat in sy binneste was, stuur sy en laat die meesters van die F’lishtyne roep en sê: “Kom weer ’n keer op, want hy het vir my alles wat in sy binneste was, vertel.” Toe kom die meesters van die F’lishtyne op na haar toe en bring die geld in hulle hande.

19. Sy het hom op haar skoot laat slaap en ’n man geroep en hom die sewe haarlokke laat afskeer. Toe het sy hom begin lastig val en sy krag het hom verlaat.

20. Sy het gesê: “Die F’lishtyne is op jou, Shimshon!” Hy het uit sy slaap wakker geword en gesê: “Ek sal uitgaan soos die vorige kere en myself losruk.” Hy het egter nie geweet dat יהוה van hom af weggegaan het nie.

21. Die F’lishtyne het hom gegryp, sy oë uitgesteek, hom afgebring na `Azah en hom met koperkettings vasgebind en hy was ’n maler in die gevangenis.

22. Die hare van sy kop het egter weer begin groei nadat dit afgeskeer is.

23. Die meesters van die F’lishtyne het bymekaargekom om ’n groot offer te bring aan hulle god Dagon en om hulle te verbly, want hulle het gesê: “Ons god het ons vyand, Shimshon, in ons hand gegee.”

24. Toe die mense hom sien, het hulle hul god geprys, want hulle het gesê: “Ons god het ons vyand, die vernietiger van ons land, wat baie van ons doodgeslaan het, in ons hand gegee.”

Lees volledige hoofstuk Rigters 16