Ou Testament

Nuwe Testament

Rigters 14:1-6 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Toe Shimshon afgegaan het na Timnah, sien hy ’n vrou in Timnah uit die dogters van die F’lishtyne.

2. Hy het teruggegaan en sy vader en moeder vertel: “Ek het ’n vrou uit die dogters van die F’lishtyne in Timnah gesien; daarom dan, kry haar vir my as vrou.”

3. Toe sê sy vader en moeder vir hom: “Is daar onder die dogters van jou familie, of onder ons hele volk, nie ’n vrou dat jy gaan om ’n vrou uit die onbesnede F’lishtyne te vat nie?” Shimshon sê egter vir sy vader: “Kry haar vir my, want sy lyk goed vir my.”

4. Sy vader en moeder het egter nie geweet dat dit van יהוה kom nie, want Hy het ’n geleentheid gesoek teen die F’lishtyne. In daardie tyd het die F’lishtyne oor Yisra’el geheers.

5. Toe het Shimshon saam met sy vader en moeder afgegaan na Timnah en tot by die wingerde van Timnah gekom en let op, ’n jong leeu het brullend op hom afgestorm.

6. Die Gees van יהוה het magtig oor hom gekom sodat hy dit verskeur het soos ’n mens ’n jong bokkie verskeur alhoewel hy niks in sy hand gehad het nie, maar hy het nie vir sy vader en moeder vertel wat hy gedoen het nie.

Lees volledige hoofstuk Rigters 14