Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 92:1-8 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. ’n Gedig met instrumentale musiek, ’n lied vir die Shabbat. 2 Dit is ’n goeie ding om dank en lof met uitgestrekte hande aan יהוה te gee en tot U Naam (Karakter en Outoriteit) te sing en musiek te maak, o Allerhoogste;

2. om U liefdevolle goedheid in die oggend en U getrouheid elke nag te verkondig.

3. Ek sal op die tiensnarige instrument en op die lier speel, op die harp met ’n plegtige klank,

4. want deur U dade het U my bly gemaak, o יהוה; ek sal uitroep van vreugde oor die werke van U hande.

5. Hoe groot is U werke, o יהוה; baie diep is U gedagtes!

6. ’n Dom mens weet nie en ook verstaan ’n dwaas dit nie:

7. as die goddelose mense opspring soos gras en al die werkers van boosheid floreer, is dit dat hulle vir ewig vernietig sal wees,

8. maar U is die Allerhoogste vir ewig, יהוה,

Lees volledige hoofstuk Psalms 92