Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 91:1-9 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Hy wat bly in die beskerming van die Allerhoogste, sal volhard onder die skaduwee van die Almagtige.

2. Ek sal van יהוה sê: “Hy is my Skuilplek en my Vesting, my God, in Hom sal ek vertrou.”

3. Hy sal jou sekerlik bevry uit die net van die voëlvanger en van leë geskinder.

4. Hy sal jou toedek met Sy vere en onder Sy vlerke sal jy vertrou; Sy waarheid sal jou skild en groot skild wees.

5. Jy sal nie vir die angs van die nag of vir die pyl wat bedags vlieg vrees nie,

6. ook nie vir die sameswering wat versprei in die donker, of vir die pestilensie wat op die middag verwoes nie!

7. Duisend sal val aan jou sy en tien duisend aan jou regterhand, maar dit sal nie naby jou kom nie.

8. Jy sal net met jou oë die vergelding van die bose sien,

9. want U, יהוה, is my Vertroue; U het U blyplek in die hoogste plek gemaak.

Lees volledige hoofstuk Psalms 91