Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 90:2-9 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

2. Voordat die berge voortgebring is of voor U ooit die aarde en die wêreld gevorm het, van ewigheid tot ewigheid is U God.

3. U verhoed die mens tot vernietiging en sê: “Keer terug, o mensekinders!”2 Kef 3:8

4. Want duisend jaar in U oë is soos die dag van gister as dit verby is en soos ’n wagbeurt in die nag.

5. Die span van hulle lewe sal wees soos ’n slaap; in die oggend is hulle soos die gras wat verander:

6. in die oggend floreer dit en groei; in die aand word dit afgesny en dit verdroog,

7. want ons word verteer deur U woede en deur U toorn word ons lastig geval.

8. U stel ons booshede voor U, die sondes van ons jeug in die lig van U Teenwoordigheid,

9. want al ons dae gaan verby onder U toorn, ons bring ons jare deur in sinnelose boosheid.

Lees volledige hoofstuk Psalms 90