Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 90:12-17 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

12. Leer ons om ons dae so te tel dat ons ons verstand, wil en emosie tot wysheid mag wend!

13. Keer terug, יהוה! Vir hoe lank wil U nie U diensknegte vertroos nie?

14. Bevredig ons in die oggend vroeg met U goedheid sodat ons kan uitroep van vreugde en bly wees, al ons dae.

15. Maak ons bly omdat ons boosheid en die jare waarin ons boosheid gesien het, dood is.

16. Laat U werk vir U diensknegte sigbaar word en U Gemanifesteerde Teenwoordigheid vir hulle kinders

17. en laat die mooiheid van יהוה, ons God, oor ons wees, want die werk van Sy hande het ons gemaak, ja, Hy het ons gemaak deur die werk van Sy hande!

Lees volledige hoofstuk Psalms 90