Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 9:11-17 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

11. en hulle wat U Naam (Karakter en Outoriteit) ken, sal hulle vertroue in U plaas omdat U, o יהוה, dié wat U soek, nie in die steek laat nie!

12. Sing en maak musiek tot eer van יהוה wat in Tziyon bly; verkondig Sy dade onder die volke,

13. want Hy het onthou om hulle bloed te vergeld; Hy vergeet nie die geroep van die geteisterdes nie.

14. Betoon onverdiende guns aan my, יהוה, sien my pyniging deur hulle wat my haat, U wat my oplig uit die poorte van die dood

15. sodat ek kan vertel van al U lofprysinge in die poorte van die dogter van Tziyon; kan juig oor U verlossing.

16. Die nasies het gesink in die put wat hulle gemaak het; hulle eie voete is gevang in die net wat hulle gespan het.

17. יהוה maak die oordeel bekend wat Hy uitvoer. Die wetsoortreder is verstrik in die werk van sy eie hande. Higgajon (Oordink dit).

Lees volledige hoofstuk Psalms 9