Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 81:7-16 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

7. Hy het na My geroep in sy moeilikheid en Ek het hom bevry; Ek het hom onder My geheime bedekking gesit; Ek het hom getoets by die waters van M’rivah.

8. Luister, o My volk en Ek sal praat; o Yisra’el, Ek sal aangaande jou getuig, as jy na My sal luister!

9. Daar mag geen vreemde god by jou wees nie en jy mag ook voor geen vreemde god neerbuig nie.

10. Ek is יהוה, jou God, wat jou uit die land van Mitzrayim uitgebring het; maak jou mond wyd oop en Ek sal dit vul,

11. maar My volk wou nie na My stem luister nie en Yisra’el wou niks van My weet nie.

12. Hulle het geleef volgens die begeertes van hulle eie verstand, wil en emosie en volgens hulle eie raad.

13. Ag, as My volk tog maar na My wou luister en hoor, Yisra’el in My lewenswyses wou leef!

14. Ek sou hul vyande gou vernietig het en My hand teen hul teëstanders gedraai het.

15. Die haters van יהוה het vir Hom gelieg, maar húlle sal vir ewig bewe.

16. Hy het hulle ook gevoed met die beste van die koring en met heuning uit die rots hulle versadig.

Lees volledige hoofstuk Psalms 81