Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 78:6-21 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

6. sodat die volgende geslag hulle kan ken, selfs die seuns wat nog gebore sal word, wat moet opstaan en dit aan hulle seuns vertel

7. dat hulle hul versekerde verwagting in God kan plaas en nie die dade van God vergeet nie, maar Sy opdragte kan uitvoer

8. en nie wees soos hulle vaders nie, ’n hardkoppige en rebelse geslag, ’n geslag wat nie hulle verstand, wil en emosie herstel het nie en wie se gees nie standvastig was teenoor God nie.

9. Die seuns van Efrayim, boogskutters bewapen met boë, het omgedraai op die dag van die geveg.

10. Hulle het die verbond van God nie gehou nie en geweier om te leef in Sy wet.

11. Hulle het Sy dade en sy wonders vergeet wat Hy hulle voor die oë van hulle vaders gewys het.

12. Hy het wonderlike dinge gedoen in die land van Mitzrayim, in die velde van Tzo’an.

13. Hy het die see verdeel en hulle laat deurgaan en die waters laat staan soos in watersakke.

14. In die dag het Hy hulle ook gelei met ’n wolk en die hele nag met ’n lig van vuur.

15. Hy het rotse gekloof in die woestyn en hulle laat drink soos uit groot dieptes.

16. Hy het strome ook uit die rots laat uitgaan en die waters laat afloop soos riviere,

17. maar die mense het voortgegaan om te sondig en om te murmureer teen die Allerhoogste in hulle dors na water

18. en hulle het God getoets in hul verstand, wil en emosie deur kos te vra om hulle begeertes te vervul.

19. Ja, hulle het teen God gekla. Hulle het gesê: “Kan God tafels met kos voorsien in die wildernis?

20. Let op, Hy het die rots geslaan dat waters uitvloei en die strome oorvloei; kan Hy brood ook gee, kan Hy kos gee vir Sy mense?

21. יהוה het dit gehoor en daarom kwaad geword; ’n vuur is dus aangesteek teen Ya’akov en woede het ook opgekom teen Yisra’el

Lees volledige hoofstuk Psalms 78