Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 78:40-60 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

40. Hoe dikwels het hulle Hom kwaad gemaak in die wildernis, Hom gegrief in die woestyn.

41. Ja, hulle het teruggedraai en God getoets, die Afgesonderde Een van Yisra’el geïgnoreer.

42. Hulle het nie Sy hand onthou nie, of die dag toe Hy hulle van die onderdrukker bevry het nie,

43. hoe Hy Sy tekens in Mitzrayim gedoen het en Sy wonders in die veld van Tzo’an,

44. of hoe Hy hulle riviere en hulle stroompies in bloed verander het sodat hulle nie kon drink nie.

45. Hy het swerms insekte tussen hulle ingestuur wat hulle opgevreet het en paddas wat hulle vernietig het.

46. Hy het ook hulle oes aan die sprinkane gegee en hulle harde werk aan die rusper.

47. Hy het hulle wingerde met hael verwoes en hulle vyebome deur ryp.

48. Hy het ook hulle diere aan die hael oorgegee en hulle vee tot vernietiging.

49. Hy het die intensiteit van Sy woede oor hulle gestuur, woede, toorn en moeilikheid, deur die hand van ’n bose engel.

50. Hy het kragtige metodes gebruik, hulle lewens nie gespaar van die dood nie en hulle beeste oorgegee aan die pesGen 10:6

51. en al die eersgeborenes in Mitzrayim neergeslaan, die mooiste van hulle seuns in die tente van Gam,

52. maar Hy het Sy eie volk laat uittrek soos skape en hulle begelei in die wildernis soos ’n kudde.

53. Hy het hulle veilig gelei sodat hulle nie bang was nie, maar die see het hulle vyande oorweldig

54. en Hy het hulle gebring na die grens van Sy Afgesonderde Plek, na hierdie berg, wat Sy regterhand besit het.

55. Hy het die ander nasies voor hulle uit verdryf en aan hulle ’n erfenis gegee deur mate en die stamme van Yisra’el in hulle tente laat bly.

56. Tog het hulle die Allerhoogste getoets en kwaad gemaak en nie Sy getuienisse onderhou nie,

57. maar hulle het teruggedraai en misleidend opgetree, soos hulle vaders; hulle was verdraaid soos ’n gedraaide boog,

58. want hulle het Hom kwaad gemaak deur op hoë plekke te offer en deur hulle gesnede beelde Sy woede opgewek.

59. Toe God dit gehoor het, was Hy woedend en het Hy Yisra’el gehaat

60. sodat Hy die Tabernakel in Shiloh verlaat het, die Tent wat Hy opgeslaan het tussen mense

Lees volledige hoofstuk Psalms 78