Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 78:22-40 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

22. omdat hulle nie in God geglo en in Sy verlossing vertrou het nie

23. alhoewel Hy die wolke daarbo beveel het en die deure van die hemel oopgemaak hetYog 6:31

24. en vir hulle ‘man hu’ laat reën het om te eet en vir hulle van die brood van die hemel gegee het;

25. die mens het die kos van engele geëet; en Hy het vir hulle oorvloediglik wild gestuur.

26. Hy het winde laat waai in die lug en deur Sy krag die Suidewind ingebring;

27. Hy het ook vleis soos stof op hulle laat reën en geveerde voëls soos die sand aan die see

28. en Hy het hierdie binne-in hulle kamp laat val, rondom hulle tente.

29. Hulle het geëet en was ten volle versadig, want Hy het aan hulle hul eie begeerte gegee.

30. Tog het hulle nie hul begeerte opgegee nie, maar terwyl hulle kos nog in hulle mond was,

31. het die woede van God teen hulle opgekom en die rykstes onder hulle neergeslaan en die gekose van Yisra’el laat buig.

32. Nogtans het hulle steeds gesondig en nie in Sy wonderlike dade geglo nie;

33. daarom is hulle dae in sinnelose boosheid deurgebring en hulle jare in ongeduld.

34. Wanneer Hy hulle neergeslaan het, het hulle Hom gesoek en teruggedraai en nader aan Hom gekom

35. en hulle het onthou dat God hulle Helper was en die Allerhoogste God hulle Verlosser.Ya’a 1:26

36. Nogtans het hulle Hom liefgehad met hulle monde en vir Hom gelieg met hulle tonge,

37. want hulle verstand, wil en emosie was nie getrou aan Hom nie en ook was hulle nie standvastig in Sy verbond nie.

38. Hy is vol onverdiende guns, die Vergewer van sonde en Hy vernietig nie; ja baie keer draai Hy Sy woede weg en wek nie Sy volle toorn op nie,

39. want Hy het onthou dat hulle slegs vlees is, ’n wind wat verbygaan en nie weer kom nie.

40. Hoe dikwels het hulle Hom kwaad gemaak in die wildernis, Hom gegrief in die woestyn.

Lees volledige hoofstuk Psalms 78