Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 78:19-33 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

19. Ja, hulle het teen God gekla. Hulle het gesê: “Kan God tafels met kos voorsien in die wildernis?

20. Let op, Hy het die rots geslaan dat waters uitvloei en die strome oorvloei; kan Hy brood ook gee, kan Hy kos gee vir Sy mense?

21. יהוה het dit gehoor en daarom kwaad geword; ’n vuur is dus aangesteek teen Ya’akov en woede het ook opgekom teen Yisra’el

22. omdat hulle nie in God geglo en in Sy verlossing vertrou het nie

23. alhoewel Hy die wolke daarbo beveel het en die deure van die hemel oopgemaak hetYog 6:31

24. en vir hulle ‘man hu’ laat reën het om te eet en vir hulle van die brood van die hemel gegee het;

25. die mens het die kos van engele geëet; en Hy het vir hulle oorvloediglik wild gestuur.

26. Hy het winde laat waai in die lug en deur Sy krag die Suidewind ingebring;

27. Hy het ook vleis soos stof op hulle laat reën en geveerde voëls soos die sand aan die see

28. en Hy het hierdie binne-in hulle kamp laat val, rondom hulle tente.

29. Hulle het geëet en was ten volle versadig, want Hy het aan hulle hul eie begeerte gegee.

30. Tog het hulle nie hul begeerte opgegee nie, maar terwyl hulle kos nog in hulle mond was,

31. het die woede van God teen hulle opgekom en die rykstes onder hulle neergeslaan en die gekose van Yisra’el laat buig.

32. Nogtans het hulle steeds gesondig en nie in Sy wonderlike dade geglo nie;

33. daarom is hulle dae in sinnelose boosheid deurgebring en hulle jare in ongeduld.

Lees volledige hoofstuk Psalms 78