Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 78:11-18 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

11. Hulle het Sy dade en sy wonders vergeet wat Hy hulle voor die oë van hulle vaders gewys het.

12. Hy het wonderlike dinge gedoen in die land van Mitzrayim, in die velde van Tzo’an.

13. Hy het die see verdeel en hulle laat deurgaan en die waters laat staan soos in watersakke.

14. In die dag het Hy hulle ook gelei met ’n wolk en die hele nag met ’n lig van vuur.

15. Hy het rotse gekloof in die woestyn en hulle laat drink soos uit groot dieptes.

16. Hy het strome ook uit die rots laat uitgaan en die waters laat afloop soos riviere,

17. maar die mense het voortgegaan om te sondig en om te murmureer teen die Allerhoogste in hulle dors na water

18. en hulle het God getoets in hul verstand, wil en emosie deur kos te vra om hulle begeertes te vervul.

Lees volledige hoofstuk Psalms 78