Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 7:1-6 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. ’n Vurige loflied van Dawid wat hy tot eer van יהוה gesing het aangaande Kush, ’n Binyaminiet. O יהוה, my God, in U skuil ek; red my van al my vervolgers en bevry my

2. of hy sal my lewe verskeur soos ’n leeu, my wegsleep terwyl daar niemand is om my te bevry nie.

3. O יהוה, my God, as ek hierdie ding gedoen het, as daar onreg in my hande is,

4. as ek wraakgierig was op hom wat aan my boosheid gedoen het, of my vyande sonder rede onderdruk het,

5. laat die vyand my agtervolg en inhaal en my lewe teen die grond vertrap en my eer en lof in die stof laat lê.

6. Staan op, יהוה, in U woede, lig Uself op teen die woede van my teëstanders en staan op vir my; U het regverdige oordeel aangestel!

Lees volledige hoofstuk Psalms 7