Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 66:1-4 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Vir die musiekleier: ’n gedig met instrumentale musiek; ’n lied. Roep uit tot eer van God, alle lande!

2. Sing en maak musiek tot eer van Sy Naam (Karakter en Outoriteit), lofprys die lof en eer van Sy Majesteit!

3. Sê vir God: “Hoe wonderlik is U werke!” Deur die grootheid van U krag sal U vyande hulle aan U onderwerp.

4. Die hele aarde sal neerval voor U en sing en musiek maak tot U eer; hulle sal U Naam (Karakter en Outoriteit) vir ewig hoog oplig.

Lees volledige hoofstuk Psalms 66