Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 59:1-6 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Vir die musiekleier op die wysie van “U moenie vernietig nie:” ’n gedig van Dawid, toe Sha’ul gestuur het om die huis dop te hou en hom dood te maak. 2 Bevry my van my vyande, o my God! Verdedig my teen hulle wat teen my opstaan!

2. Bevry my van die werkers van boosheid en verlos my van bloeddorstige manne,

3. want let op, hulle lê en wag vir my lewe; hulle het boosheid teen my vermenigvuldig, nie omdat ek gesondig of oortree het nie, o יהוה!

4. Hulle hardloop en berei hulle voor teen my sonder om te oorweeg of ek fouteer het!

5. Ontwaak om my te help en let op, יהוה-God van die leërmagte, die God van Yisra’el, ontwaak om al die nasies te besoek en spaar geen wetsoortreder nie!

6. Hulle kom terug teen die aand; hulle maak geluide soos honde en dwaal rond deur die stad.

Lees volledige hoofstuk Psalms 59