Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 50:2-13 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

2. Vanuit Tziyon, die volmaaktheid van skoonheid, het God geskyn.

3. Ons God sal kom en sal nie stilbly nie. Vuur sal voor Hom uit verteer en die vuur sal hewig rondom Hom brand.

4. Hy sal roep na die hemel daarbo en na die aarde, om Sy volk te oordeel:Heb 9:28; Heb 10:29

5. kom by Hom bymekaar, getroues, hulle wat ’n verbond met Hom gesluit het deur ’n offer

6. en die hemele sal Sy onpartydige opregtheid verkondig, want God self is die Regter!

7. “Luister en hoor, My volk en Ek sal met julle praat; Yisra’el, Ek sal teenoor jou getuig: Ek is God, jou God!

8. Ek bestraf jou nie oor jou offers en jou brandoffers nie; hulle is altyd voor My.

9. Ek sal geen jong bul uit jou huis of bokram uit jou krale vat nie,

10. want al die wilde diere van die woud is Myne, asook die beeste op ’n duisend heuwels.

11. Ek ken al die voëls van die lug en wat roer op die veld, is Myne.

12. As Ek honger het, sal Ek jou nie vertel nie, want die wêreld is Myne en alles wat daarin is.

13. Ek eet nie die vleis van bulle en drink nie die bloed van bokramme nie.

Lees volledige hoofstuk Psalms 50