Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 44:1-9 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Vir die musiekleier: ’n onderriggewende gedig van die seuns van Korag. 2 O God, ons het met ons ore gehoor, ons vaders het ons vertel watter dade U gedoen het in hulle dae, in die ou dae.

2. Hoe U die nasies met U eie hand vernietig het en U volk gevestig het; U het die koninkryke geteister en U volk versterk,

3. want hulle het nie die land deur hul swaard geërf nie en hul arm het hulle ook nie gered nie, maar U regterhand, U arm en die Lig van U Teenwoordigheid omdat U tevrede was met hulle.

4. U self is my Koning, o God, want U beveel die oorwinnings vir Ya’akov.

5. Deur U sal ons ons teëstanders deurboor; deur U Karakter en Outoriteit (Naam) sal ons hulle wat ons haat, vertrap,

6. want ons vertrou nie op ons boë nie en nie in ons pantser om ons te beskerm nie,

7. maar U het ons verlos van dié wat ons haat.

8. Ons loof, eer en aanbid U die hele dag lank, o God en ons loof en dank U Naam (Karakter en Outoriteit) met uitgestrekte hande vir ewig.

9. Nou het U ons egter verstoot en tot skande gemaak en U trek nie saam uit met ons leërs nie,

Lees volledige hoofstuk Psalms 44