Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 42:1-10 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Vir die musiekleier: ’n onderrigewende gedig van die seuns van Korag. 2 Soos ’n takbok smag na waterstrome, so smag my lewe na U, o God!

2. My siel dors na U, o lewende God; wanneer sal ek in U Teenwoordigheid kom?

3. My trane is my kos dag en nag terwyl hulle aanhoudend vir my sê: “Waar is jou God?”

4. Wanneer ek hierdie dinge onthou, is my lewe ontsteld in my; daarom sal ek die magtige vesting ingaan, die huis van God, met ’n stem vol blydskap en verering, met uitgestrekte hande; saam met almal wat die fees hou!

5. Waarom is jy bemoeid, o my lewe en waarom is jy verwilderd? Behou versekerde verwagting in God, want ek sal Hom steeds loof en dank met uitgestrekte hande, my God en die Redder van my eer!

6. O, my God, my lewe is benoud in my; daarom sal ek U onthou vanuit die land van die Yarden, vanaf die berg Hermon en vanaf die heuwel Mitzar.

7. Die diepe waters roep na die diepe waters by die gedruis van U watervalle; al U golwe en U branders het oor my gegaan.

8. Tog sal יהוה Sy liefdevolle goedheid in die dag beveel en in die nag sal Sy lied by my wees, ’n gebed tot die Lewende God.

9. Ek sal vir God sê: “My Rots, waarom het U my vergeet? Waarom gaan ek in rou deur my vyande se onderdrukking?

10. Wanneer my gebeentes gebreek word, spot my teëstanders met my terwyl hulle elke dag vir my sê: “Waar is jou God?”

Lees volledige hoofstuk Psalms 42