Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 31:2-15 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

2. Draai U oor na my toe en antwoord my gou; wees U vir my die Magtige God, die Helper, die Huis van skuiling en red my,

3. want U is my Rots en my Vesting; daarom, om U Naam (Karakter en Outoriteit) ontwil, vertroos my en lei my.

4. Trek my uit die net wat hulle in die geheim vir my gespan het, want U is my Beskermer.

5. In U hand gee ek my gees oor; U het my verlos, יהוה, God van waarheid.

6. Ek haat hulle wat valse aanbidding onderhou, maar ék vertrou in U, o יהוה.

7. Ek wil in die rondte swaai van vreugde en blydskap in U goedheid en guns omdat U my pyniging gesien, my lewe in sy teisteringe geken en my nie oorgelewer het

8. in die hand van my vyande nie. U het my voete in rustigheid gevestig.

9. Wys onverdiende guns aan my, o יהוה, want ek is benoud; my oog word swak deur woede, ja, my lewe en my liggaam,

10. want my lewe kwyn weg van verdriet en my jare van gesug; my krag faal as gevolg van my onregverdigheid en my gebeente teer weg.

11. As gevolg van my teëstanders het ek ’n voorwerp van skande geword vir my bure en ’n voorwerp van skrik vir die wat my ken. Die wat my op straat sien, vlug weg van my af.

12. Ek is vergete, uit die gedagtes soos ’n dooie man; ek is soos ’n gebreekte houer,

13. want ek het die skindertaal van baie mense gehoor terwyl hulle saam raad hou teen my en beplan om my lewe te neem.

14. Ek vertrou egter op U, o יהוה! Ek sê: “U is my God, o יהוה.”

15. Tye is in U hand; red my uit die hand van my vyande en van die wat my vervolg.

Lees volledige hoofstuk Psalms 31