Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 25:16-22 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

16. Draai na my toe en bewys aan my onverdiende guns, want ek is heeltemal alleen en geteister.

17. Die moeilikhede van my verstand, wil en emosie is vermenigvuldig; lei U my uit my moeilikhede.

18. Kyk na my teistering en my moeite en vergeef al my sondes.

19. Kyk na my vyande, want hulle is baie en hulle haat my met ’n onregverdige haat.

20. Bewaar my lewe en bevry my, want ek het op U vertrou.

21. Die onskuldige en die opregte volg my omdat ek op U vertrou.

22. God, het Yisra’el verlos van al sy onderdrukkers!

Lees volledige hoofstuk Psalms 25