Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 145:13-18 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

13. U koninkryk is ’n ewige koninkryk en U heerskappy duur voort deur al die geslagte. (Peshitta) יהוה is getrou in Sy woorde en onpartydig opreg in al Sy dade.

14. יהוה hou almal wat val regop en Hy lig almal op wat neergebuig is.

15. Almal se oë wag op U en U gee hulle kos op die regte tyd.

16. U maak U hand oop en versadig die begeerte in elke lewende wese.

17. יהוה is regverdig in al Sy optredes en goedgunstig in al Sy werke.

18. יהוה is naby aan almal wat uitroep na Hom, almal wat na Hom roep in waarheid.

Lees volledige hoofstuk Psalms 145