Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 145:1-9 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. ’n Lofprysing van Dawid. Ek sal U oplig, o my God, die Koning en ek sal goedpraat van U Naam (Karakter en Outoriteit) vir ewig en ewig.

2. Elke dag sal ek U seën en U Naam (Karakter en Outoriteit) helder en duidelik loof vir ewig en ewig.

3. יהוה is groot en waardig om helder en duidelik geloof te word en Sy grootheid is ondeurgrondelik.

4. Een geslag sal U werke vertel aan die ander en U magtige dade verkondig.

5. Ek wil praat van die wonderlikheid van die grootheid van U majesteit en van U wonderlike dade

6. en mense sal praat van die krag van U wonderlike dade en ek sal U grootheid verkondig.

7. Hulle sal die herinnering aan U grote goedheid oorvloedig uiter en U regverdiges sal dit soek en vind.

8. יהוה is vol onverdiende guns en liefdevolle omgee, stadig om kwaad te word en vol goedheid.

9. יהוה is vir almal goed en Sy liefdevolle omgee is oor al Sy diensknegte.

Lees volledige hoofstuk Psalms 145