Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 107:2-17 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

2. Laat die vrygekooptes van יהוה so sê, wat Hy losgekoop het uit die hand van die onderdrukker

3. en versamel het vanuit die lande, uit die ooste en die weste, uit die noorde en uit die eilande in die see.

4. Hulle was verdwaald in die wildernis, in ’n plek sonder water; hulle kon nie die regte pad na ’n bewoonde stad vind nie.

5. Honger en dors het hulle lewe inmekaar laat krimp.

6. Toe het hulle na יהוה uitgeroep in hul moeilikheid en Hy het hulle uit hul benoudheid bevry

7. en hulle gelei op die regte pad om na bewoonde dorpe te gaan.

8. Laat die regverdiges van יהוה Hom loof en prys met uitgestrekte hande, want Sy goedheid is op die seuns van die mens,

9. want Hy bevredig die lewe wat verlang en vul die honger lewe met goedheid.

10. Omdat dié wat sit in duisternis en die skaduwee van die dood, vasgebind in depressie en ysters,

11. gemurmureer het teen die woorde van God en die raad van die Allerhoogste verwerp het;

12. daarom het Hy hulle binneste deur moeite verneder; hulle het swak geword en daar was niemand om te help nie.

13. Toe het hulle tot יהוה gebid in hul moeilikheid en Hy het hul uit hul benoudheid gered.

14. Hy het hulle uitgebring vanuit die duisternis en die skaduwee van die dood en hulle bande verbreek.

15. Laat die regverdiges van יהוה Hom loof en prys met uitgestrekte hande, want Sy goedheid is oor die seuns van die mens,

16. want Hy het die poorte van koper verbreek en die ysterwering afgesny.

17. Hy het hulle vanuit hulle lewenswyses van sonde gehelp; Hy het hulle verlig vanuit hulle onderdrukking.

Lees volledige hoofstuk Psalms 107