Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 107:10-23 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

10. Omdat dié wat sit in duisternis en die skaduwee van die dood, vasgebind in depressie en ysters,

11. gemurmureer het teen die woorde van God en die raad van die Allerhoogste verwerp het;

12. daarom het Hy hulle binneste deur moeite verneder; hulle het swak geword en daar was niemand om te help nie.

13. Toe het hulle tot יהוה gebid in hul moeilikheid en Hy het hul uit hul benoudheid gered.

14. Hy het hulle uitgebring vanuit die duisternis en die skaduwee van die dood en hulle bande verbreek.

15. Laat die regverdiges van יהוה Hom loof en prys met uitgestrekte hande, want Sy goedheid is oor die seuns van die mens,

16. want Hy het die poorte van koper verbreek en die ysterwering afgesny.

17. Hy het hulle vanuit hulle lewenswyses van sonde gehelp; Hy het hulle verlig vanuit hulle onderdrukking.

18. Hulle lewe het ’n afsku aan alle soorte kos gehad en hulle het naby die poorte van die dood gekom.

19. Toe het hulle tot יהוה uitgeroep in hul moeilikheid en Hy het hulle uit hul benoudheid verlos.

20. Hy het Sy Boodskap gestuur en hulle genees en hulle bevry van vernietiging.

21. Laat die regverdiges van יהוה Hom loof en prys met uitgestrekte hande, want Sy goedheid is op die seuns van die mens.

22. Offer aan Hom die offers van lof en eer met uitgestrekte hande en verklaar Sy werke met uitroepe.

23. Hulle wat na die see afgaan in skepe, wat handel drywe op baie waters,

Lees volledige hoofstuk Psalms 107