Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 106:24-30 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

24. Ja, hulle het die begeerlike land verag, Sy woord nie vertrou nie,

25. maar in hul tente gemurmureer en nie na die stem van יהוה geluister nie;

26. daarom het Hy Sy hand teen hulle opgelig om hulle te verstrooi tussen die ander nasies

27. en om ook hulle nageslag te verstrooi tussen die ander nasies en hulle los te laat in die lande.Num 25:1-3

28. Hulle het ook neergebuig voor die afgode van Ba’al-P’or en offerandes geëet wat aan die dooies geoffer is.

29. So het hulle Hom kwaad gemaak deur hulle dade, Hom kwaad gemaak deur hulle beelde en ’n plaag het skielik onder hulle uitgebreek.Num 25:7-11

30. Toe het Pingas opgestaan en oordeel uitgevoer en die plaag is gestopNum 25:12,13

Lees volledige hoofstuk Psalms 106