Ou Testament

Nuwe Testament

Prediker 8:12-17 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

12. Hy wat sondig, doen boosheid ’n honderd keer en sy dag word uitgerek, nogtans weet ek verseker dat dit goed sal gaan met die aanbidders van יהוה, wat respekvol vrees in Sy Teenwoordigheid,

13. maar dit sal nie goed gaan met die bose nie en hy sal ook nie sy dae verleng soos ’n skaduwee nie omdat hy nie voor God vrees nie.

14. Daar is ’n waardeloosheid wat op die aarde gedoen word; daar is regverdige manne met wie dit gebeur volgens die werke van die bose en daar is bose manne met wie dit gaan volgens die dade van die regverdiges; ek sê dat dit ook waardeloosheid is.

15. Toe beveel ek vreugde aan, want daar is niks beters vir die mens onder die son as om te eet en te drink en hom te verheug nie, want dit sal hom in sy harde werk vergesel al die dae van sy lewe wat God hom gee onder die son;

16. daarom het ek my binneste gerig om wysheid te ken en om die dinge te sien wat op die aarde gedoen word, want daar is hulle wie se oë geen slaap sien nie, beide dag of nag.

17. Toe het ek al God se werke gesien en dat die mens nie kan uitvind van die werk wat onder die son gedoen word nie; al werk ’n man hard om dit uit te vind, tog sal hy dit nie vind nie. Hy wat dink dat hy wys is, selfs hy sal dit nie vind nie,

Lees volledige hoofstuk Prediker 8